GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 25-30 min.

1 rol skilferkorsdeeg, ontdooi

60 ml (¼ k) matige mosterd

15 ml (1 e) vars tiemieblare

80 ml (¹/3 k) gerasperde parmesaankaas

4 baie ryp tamaties, in skywe gesny en liggies gesout

3 stukke buffelmozzarella, gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) ekstrasuiwer olyfolie

hand vol vars basilieblare vir garnering

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Voer ’n randpan uit met ’n vel waspapier. Gebruik ’n klont botter om die papier aan die pan te laat kleef. Rol die deeg oop en plaas dit op die papier. Moenie ’n roller gebruik nie omdat jy dit nie te dun wil hê nie. Gebruik die
  2. agterkant van ’n lepel om die mosterd op die deegbasis te smeer.
  3. Meng die tiemieblare met die parmesaankaas, strooi oor die mosterdlaag en bedek met die tamatieskywe. Plaas die gesnyde mozzarella bo-oor. Geur liggies met die sout en peper.
  4. Oondbak die tert 25 min. of tot die deeg mooi opgepof is en ’n romerige karamelkleur kry.
  5. Haal uit die oond, giet die olyfolie oor en garneer met die vars basilieblare. Sny en sit dadelik voor.