GENOEG VIR 10-12 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 2 min. per plaatkoekie

500 ml (2 k) meel

10 ml (2 t) bakpoeier

5ml (1 t) sout

1 eier

250 ml (1 k) melk

1 x 410 g-blik suikermielies

BOLAAG

500 ml (2 k) versiersuiker

60 ml (¼ k) klapperroom

1 pynappel, in dun skywe gesny

droë klapper

  1. Sif die droë bestanddele saam in ’n groot bak.
  2. Klits die eier en die melk. Klits dan stadig by die droë bestanddele. Maak seker daar vorm geen klonte nie.
  3. Vou by die mielies in. Laat die mengsel 5 min. rus. Verhit ’n kleefvrye pan en skep eetlepels vol van die mengsel in die pan. Draai dit om sodra borrels vorm. Bak tot ’n ligte goudbruin kleur.
  4. Bolaag Meng die versiersuiker en die klapperroom tot glad. Plaas ’n pynappelskyf op ’n plaatkoekie. Bedruip met die klapperversiersuiker. Strooi die droë klapper oor.