375 ml (1½ k) koeskoes

1 pak (250 g) spekstukkies

200 g spinasie, gekap

45 ml (3 e) olyfolie

2 wiele fetakaas, gekrummel

sout en peper

  1. Maak die koeskoes gaar volgens die aanwysings op die pakkie.
  2. Braai die spek in ’n warm pan tot bros. Voeg die spinasie by en braai tot net verwelk.
  3. Meng al die bestanddele deur die koeskoes en geur met sout en peper.
  4. Sit voor saam met geroosterde kasjoeneute.