Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15-17 minute

2 skorsies, gehalveer, maar behou die pitte

125 ml (½ k) gekapte ui

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 bol vinkel of 2 stele seldery, in ringe gesny

olie

spinasie, in dun repies gesny

15 ml (1 e) tiemieblaartjies

125 ml (¼ k) gaar bruinrys

1 groot rooi appel, in dun skyfies gesny

SOUS

45 ml (3 e) olyfolie

5 ml gekapte tiemieblaartjies

15 ml (1 e) appelasyn, suurlemoensap of lemmetjiesap

30 ml (2 e) saadmengsel (met vlassaad)

  1. Rangskik die skorsies op ’n bord en mikrogolf 10-12 minute tot gaar.
  2. Mikrogolf die ui, knoffel, vinkel of seldery in ’n bietjie olie in die mikrogolfoond tot net sag; sowat 2-3 minute op hoog. Roer dan en wan.
  3. Meng die spinasie, tiemie en rys by die uiemengsel. Skep die pitte uit die gaar skorsies, skep die vulsel in en rangskik die appel bo-op.
  4. Sous Mikrogolf die olyfolie, tiemie en asyn 45 sekondes en sprinkel oor die vulsel.
  5. Verhit die gevulde skorsies 1-2 minute tot lekker warm. Sprinkel die saadmengsel net voor opdiening oor.