GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 10 min.

12 snye ciabatta-brood

olyfolie vir verf

sout en swartpeper

1 knoffelhuisie, gehalveer, vir vryf

40 g botter

400 g bruin sampioene, gehalveer

2 takkies roosmaryn

3 takkies tiemie

250 g mozzarella, geskeur

  1. Verhit ’n groot braaipan oor hoë hitte. Verf die brood met die olie en bestrooi met die sout en peper. Rooster 2 minute of tot goudkleurig in die pan. Vryf met die knoffel en sit eenkant.
  2. Smelt die botter in die pan. Voeg die sampioene, roosmaryn, tiemie, sout en peper by en braai 5 minute of tot goudkleurig oor hoë hitte.
  3. Bedek met die mozzarella en roer in tot heeltemal gesmelt. Sit voor met die knoffelroosterbrood.

Wenk: Die brood kan ook in ’n broodrooster gerooster word en dan met die knoffel gevryf word.