Pestosous

  • 250 ml (1 k) basilieblare
  • 60 ml (¼ k) gepelde amandels
  • 60 ml (¼ k) pecorinokaas
  • 60 ml (¼ k) olyfolie
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap
  • sout en vars gemaalde peper
Slaai
  • 700 g baba-aartappels, gekook en gehalveer
  • 1 rooi-ui, in skyfies gesny
  • handvol vars basilieblare
  • Pestosous Verpulp al die bestanddele in ’n voedselverwerker.
  • Slaai Meng alles liggies, giet die sous oor en roer deur. Sit voor met Griekse jogurt en olywe.