Wenresep deur Carene Malan van Jeffreysbaai (24 Oktober 2013-uitgawe)

Genoeg vir 6-8 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Baktyd: 30-35 minute

3 groot patats, geskil en gekook

400 g klaargemaakte skilferkorsdeegrol

80 ml (? k) bruinsuiker

5 ml (1 t) kaneel

ekstra suiker en kaneel vir bestrooi

500 ml (2 k) room

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

  1. Maak die patat fyn tot glad en meng die suiker en kaneel in.
  2. Rol die deeg oop en skep die fyn patat bo-op. Rol soos ’n rolkoek op.
  3. Sny die deeg in skywe en pak hulle in die voorbereide bak. Strooi nog suiker en kaneel bo-oor en giet die room oor. Bak 25 tot 30 minute of tot die deeg gaar is.
  4. Sit voor met roomys of vla.