Maak 32 poffertjies

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

8 patats, geskil en in dik skywe gesny

STROOP

60 ml (¼ k) asyn

125 ml (½ k) suiker

200 ml water

stuk gemmer van 2 cm, geskil

en in skyfies gesny

2 kaneelstokkies

5 stukkies nartjieskil

BESLAG

500 ml (2 k) koekmeel

20 ml (4 t) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

60 ml (¼ k) suiker

430 ml (1¾ k) melk

olie vir diepbraai

  1. Kook die patatskywe tot net gaar en laat effens afkoel.
  2. STROOP Verhit al die bestanddele in ’n kastrolletjie en roer tot die suiker opgelos het. Laat prut oor matige hitte tot dit met die helfte verminder het.
  3. BESLAG Sif al die droë bestanddele saam en klits die melk geleidelik by tot ’n gladde beslag vorm.
  4. Verhit die olie, doop die patatskywe een vir een in die beslag en diepbraai tot gaar. Dreineer op kombuispapier en giet die stroop oor.

Wenk

Maak gewone strooppatats: Kook die ongeskilde patats in ’n bietjie water tot net sag. Trek die skille af. berei die stroop soos beskryf en voeg die patatskywe by. Kook 10-15 minute tot die patats stroperig is.