GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 40-45 min.

4-6 patats, gekook

2 wiele fetakaas, grof gekrummel

1 groot rooi-ui, in dun ringetjies gesny

EIERVLA

6 eiers

250 ml (1 k) melk

60 ml (¼ k) gekapte koljanderblare

knippie fyn komyn

knippie fyn koljander

sout en vars gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 4 klein oondbakkies of 1 groot oondbak met kossproei.

  1. Sny die patats in skywe.
  2. Pak ’n lagie patatskywe in elke bakkie en sprinkel die fetakaas oor.
  3. Pak van die uieringetjies op en herhaal die lae tot die bestanddele op is – eindig met uieringetjies.
  4. Eiervla Klits al die bestanddele saam, geur met die sout en vars gemaalde peper en giet oor die vulsel.
  5. Bak 40-45 min. in die oond of tot die eiervla gestol is.
  6. Sny in skywe en sit voor saam met ekstra rou rooi-ui-ringetjies en vars koljanderblare.