Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20-30 minute

Gaarmaaktyd: 30-40 minute

PAP

750 ml (3 k) water

5 ml (1 t) sout

500 ml (2 k) mieliemeel

15 g (1 e) botter

SMOOR

25 g botter

2 knoffelhuisies, fyn gekap

1 ui, fyn gekap

1-2 blikkies (400 g elk) tamatiesmoor of Mediterreense tamaties

30 ml (2 e) worcestersous

10 ml (2 t) witwynasyn

5 ml (1 t) suiker

sout en vars gemaalde swartpeper

  1. PAP Bring die water en sout amper tot kookpunt en roer die mieliemeel stadig by.
  2. Roer deurentyd tot die pap verdik. Voeg ’n eetlepel botter by en roer deur.
  3. Verlaag die hitte en sit die deksel op. Laat prut tot gaar.
  4. SMOOR Verhit die botter en braai die knoffel en ui.
  5. Voeg die res van die bestanddele by en bring tot kookpunt.
  6. Verlaag die hitte en laat prut sowat 10 minute tot geurig. Sit die sous by die pap voor. Kook 10-15 minute tot geurig.