Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur

750 g pampoen- of botterskorsiestukke

350 g broskorsdeeg

meel vir bestrooi

250 ml (1 k) strooisuiker

2 ml (½ t) sout

2 ml (½ t) fyn neutmuskaat

5 ml (1 t) fyn kaneel

2 eiers, geklits

25 g botter, gesmelt

180 ml (¾ k) melk

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Plaas die pampoen of botterskorsie in ’n pot, bedek met water en bring tot kookpunt oor matige hitte. Verminder die hitte en laat prut 15 minute of tot gaar. Dreineer en laat afkoel.
  3. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en voer ’n losboombakpan van 20 cm daarmee uit. Voer die deeg met bakpapier uit en vul met droë bone of rys. Bak 15 minute. Verwyder die bone of rys en bak nog 5 minute of tot die basis goudkleurig is. Sit eenkant om af te koel.
  4. Verwerk die pampoen of botterskorsie in ’n verwerker tot glad.
  5. Meng die suiker, sout, neutmuskaat en die helfte van die kaneel in ’n bakkie.
  6. Klits die eiers, botter en melk saam in ’n groot bak, voeg die pampoen- of botterskorsiepuree by en roer om te meng. Giet in die deegdop en bak 45 minute of tot die vulsel geset het.
  7. Laat afkoel en verwyder uit die pan. Bestrooi met die oorblywende kaneel.

Deur Hope Malau