1 botterskorsie, in skywe gesny

30 ml (2 e) heuning

30 ml (2 e) olyfolie

sout en peper

1 rol (400 g) skilferkorsdeeg

30 ml (2 e) melk

60 ml (¼ k) roketpesto

60 ml (¼ k) roomkaas

roketblare

geroosterde pampoensade

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Smeer skywe botterskorsie met heuning en olyfolie, geur met sout en peper en oondbraai 30 minute.
  2. Sny ’n 1 cm-strook rondom die deeg af en vorm ’n rand op die orige deeg.
  3. Verf met die melk en bak 20 minute. Rangskik die botterskorsie, pesto en kaas in die kors. Sprinkel die roket en sade oor.

WENK

Vervang die skilferkors met 4-6 velle filodeeg wat met gesmelte botter gesmeer is.