Genoeg vir 4 mense

Bereidingsty: 20 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

KOEKIES

1 blik (400 g) soetmieliepitte

375 ml (1½ k) bruismeel

2 ml (½ t) paprika

250 ml (1 k) sodawater

sout en peper

1 eierwit

olie vir diepbraai

SALSA

2 mango’s, in blokkies gesny

100 g babatamaties, gehalveer

1 rooi-ui, gekap

1    KOEKIES Klits die soetmielies, meel, paprika en sodawater saam.

2    Klits die eierwit tot die volume verdubbel het en vou dit by die beslag in.

3    Verhit ’n pot halfvol olie oor matige hitte. Diepbraai lepels vol van die beslag in die warm olie tot goudkleurig. Dreineer op papierhanddoeke.

4    SALSA Meng die bestanddele en sit dit saam met die koekies en soetbrandrissiesous voor.

- Hope Malau