4 patats, gewas

olyfolie

KOESKOES

375 ml (1½ k) koeskoes

60 ml (¼ k) koljanderpesto

15 ml (1 e) olyfolie

2 wiele fetakaas, in blokkies

15 ml (1 e) suurlemoensap

sout en peper

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Pak die patats op ’n bakplaat; besprinkel met die olie. Oondbraai 30-45 minute.
  2. Sny die bokant van die patats af; hol effens uit.
  3. Koeskoes Maak dit gaar volgens die aanwysings.
  4. Meng die res van die bestanddele by; geur met die sout en peper.
  5. Skep die koeskoes in die patats en sit voor saam met Griekse jogurt en koljanderblare.