4 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

15 ml (1 e) olie

500 g gaar aartappels, fyn gedruk

15 ml (1 e) melk

15 ml (1 e) botter

sout en peper

30 ml (2 e) origanum

1 blik (400 g) pitmielies, gedreineer

500 ml (2 k) gerasperde cheddarkaas

meel

2 eiers, geklits

250 ml (1 k) broodkrummels

olie

  1. Braai die uie en knoffel in die olie tot sag.
  2. Meng die aartappels met die melk, botter, sout, peper, origanum, mielies, kaas en uiemengsel.
  3. Rol eetlepels vol in bolle en rol dan in die meel, eier en krummels. Braai die krokette goudbruin.