Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

6 aartappels, geskil en in blokkies gesny

10 ml (2 t) sout 45 ml (3 e) heelkorrelmosterd 40 g botter sout en gemaalde swartpeper pietersielie vir garnering

  1. Kook die aartappelblokkies in soutwater tot sag en dreineer.
  2. Roer die heelkorrelmosterd en botter deur die warm blokkies en druk fyn met ’n vurk.
  3. Geur met sout en peper en garneer met pietersielie. Sit warm voor.