LEWER 1 BROOD

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 20 min.

1 Franse brood

3 repe spek, gebraai en gekap

1 houer (230 g) roomkaas, spekgeur

45 ml (3 e) vars pietersielie, gekap

10 ml (2 t) knoffel, gekneus

  1. Maak snye in die brood 2 cm uit mekaar, maar moenie regdeur sny nie.
  2. Meng die spek, roomkaas, pietersielie en knoffel tot ’n pasta. Smeer dit dik in die kepe.
  3. Draai die brood in foelie toe en rooster op matige kole tot bros en bruin.

Skep die roomkaasvulsel binne-in, draai die brood in foelie toe en braai.