Genoeg vir 4-6

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 75 min.

6 aartappels

30 ml (2 e) olie

sout en vars gemaalde swartpeper

250 ml (1 k) verouderde cheddar, gerasper

125 ml (½ k) pecorinokaas, gerasper

120 g roomkaas

2 sprietuie

2,5 ml (½ t) rooi brandrissievlokkies

2,5 ml (½ t) paprika

slaai vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Was die aartappels en prik met ’n vurk. Pak hulle op bakplaat en vryf met olie. Bak ’n uur of tot deurgaar.
  2. Laat die aartappels afkoel en sny dit dan middeldeur. Skep die vlees uit, maar hou die skille heel en sit eenkant. Plaas die skille op ’n bakplaat. Geur met sout en peper en bak 5 minute.
  3. Meng die vlees in ’n groot bak met die cheddar-, pecorino- en roomkaas, sprietuie, brandrissie en paprika. Verdeel die mengsel tussen die aartappelskille en sit nog 10 minute in die oond. Sit voor met ’n slaai.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander