LEWER 1 TERT VAN 25 CM

Bereiding: 50 minute

Baktyd: 80 minute altesaam

Kors

180 g soutbeskuitjies (waterbeskuitjies

of heelgraanbeskuitjies)

15 ml (1 e) roosmaryn, fyn gekap

25 g botter

Vulsel

1 groot (1 kg) botterskorsie,

in die helfte gesny en pitte verwyder

olyfolie

sout en peper

250 g roomkaas

250 g crème fraîche

15 ml (1 e) suurlemoensap

3 groot eiers

20 g papawersaadjies (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n tertbak of veerklamppan van 25 cm.

  1. Kors Plaas al die bestanddele vir die kors in die voedselverwerker en pols tot krummelrig.
  2. Druk in die gesmeerde bak of pan vas en bak 10 minute in die oond.
  3. Vulsel Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C.
  4. Plaas die botterskorsiehelftes op ’n bakpan, bedruip met ’n bietjie olyfolie, geur met sout en peper en rooster sowat 45 minute tot sag.
  5. Skep 750 ml (3 k) van die botterskorsie uit die skil en plaas in die voedselverwerker saam met die kaas, crème fraîche, suurlemoensap en eiers. Verwerk tot glad.
  6. Skep die mengsel op die kors en sprinkel die papawersade bo-oor indien verkies.
  7. Bak 30-40 minute in die oond tot stewig en gestol.