Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 45-50 min.

500 g botterskorsie, in klein blokkies gesny

1 rooi-ui, in skywe gesny

30 ml (2 e) olyfolie

sout en peper

2 wiele fetakaas, in blokkies gesny

1 rol broskorsdeeg

1 eier, geklits

Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Versprei die botterskorsie en rooi-ui op ’n bakplaat en sprinkel die olyfolie oor. Meng goed deur en geur met die sout en peper. Rooster 25-30 min. of tot die botterskorsie gaar is. Hou eenkant, laat afkoel en meng die fetakaas deur.
  2. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Gebruik ’n deksel van ’n kastrol (sowat 18 cm) en sny 4 sirkels uit. Pak die deegsirkels op die bereide bakplaat.
  3. Verdeel die botterskorsiemengsel in vier en skep ’n hopie van die mengsel in die middel van elke deegsirkel. Vou die kante van elke sirkel na die middel toe en druk liggies vas.
  4. Verf elke tertjie liggies met die geklitste eier en bak 20-25 min. in die oond of tot die deeg goudbruin en gaar is. Sprinkel roketblare oor.