Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

4 aartappels, geskil en in blokkies gesny

sout en peper

15 ml (1 e) gemmer, gekap

4 knoffelhuisies, gekap

2 tamaties, gekap

45 ml (3 e) olie

2,5 ml (½ t) komynsaad

5 ml (1 t) mosterdsaad

2,5 ml (½ t) koljandersaad

1 ui, opgesny

2,5 ml (½ t) borrie

5 ml (1 t) komyn

5 ml (1 t) gerookte garam masala

5 ml (1 t) rissiepoeier

1 tamatie, in wiggies gesny

1.    Gooi die aartappels in ’n pot met water, geur met die sout en peper en laat kook 10 minute op hoë hitte of tot amper sag.

2.    Gooi die gemmer, knoffel en gekapte tamaties in ’n menger of verwerk dit in ’n stamper en vysel tot ’n gladde mengsel.

3.    Verhit die olie in ’n pan op matige hitte en voeg die komyn-, mosterd- en koljandersaad by. Wanneer die saad begin skiet, voeg die ui by en braai tot deurskynend.

4.    Roer die knoffel-en-tamatiemengsel by en voeg dan die borrie, komyn, garam masala en rissiepoeier by.

5.    Laat kook 2 minute en roer by die aartappels. Kook tot die aartappels gaar is en roer dan die tamatiewiggies by.

- Hope Malau