Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 40-45 min.

6 aartappels, gekook tot net gaar en in skywe gesny

sout en vars gemaalde peper

500 g boerewors, gaar en in skywe gesny

2 rooi-uie, in ringetjies gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

4 eiers

250 ml (1 k) melk

SALSA

2 tamaties, in blokkies gesny

1 rooi-ui, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n middelslag-oondbak met kossproei.

  1. Geur die aartappelskywe met die sout en peper. Pak die boerewors, uie, knoffel en aartappels in lae in die oondbak en eindig met die boerewors.
  2. Klits die eiers en melk en giet oor die gebak. Bak 40-45 min. of tot die eiermengsel gestol is. (As die gebak te donker word, bedek met tinfoelie en bak verder tot gaar.)
  3. Salsa Meng die tamaties en ui en sprinkel dit oor die gebak sodra dit uit die oond kom. Sprinkel vars gekapte pietersielie oor en sit dadelik voor.