Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaak: 25 minute

2 groot koppe blomkool, in blommetjies gesny

60 g botter

45 ml (3 e) meel

750 ml (3 k) melk

3 eiergele

7 ml (1½ t) matige Engelse mosterd

5 ml (1 t) worcestersous

sout en peper

125 g cheddarkaas, gerasper

50 g mozzarellakaas

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n groot, oondvaste bak.
  2. Bring ’n pot gesoute water tot kookpunt, voeg die blomkool by en kook 2 minute. Dreineer en verplaas na die oondvaste bak.
  3. Plaas die botter en meel in ’n pot en verhit tot die botter smelt. Kook twee minute terwyl jy roer. Verwyder van die hitte en klits die melk geleidelik in om ’n gladde sous te vorm. Plaas terug oor lae hitte en kook 3 minute. Verwyder van die hitte en klits die eiergele, mosterd en worcestersous in. Geur met sout en peper.
  4. Meng die twee kase en roer die helfte in die sous in. Giet oor die blomkool en bedek met die oorblywende kaasmengsel.
  5. Bak ’n kwartier of tot goudkleurig. Sit voor saam met ’n verskeidenheid gebraaide groentes.