Bereiding: 35 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Genoeg vir 4 mense

500 ml (2 k) bruismeel, plus vir bestrooi

’n knippie sout

45 ml (3 e) suiker

250 ml (1 k) ligte bier

Chakalaka

5 ml (1 t) olie

3 worse, in skywe gesny

500 ml (2 k) wortels, gerasper

1 elke rooi, geel en groen soetrissie, in skywe gesny

5 ml (1 t) droë brandrissievlokkies

10 ml (2 t) paprika

sout en peper

410 g (1 blik) tamatiesousbone

Meng die meel, sout en suiker in ’n bak.

Maak ’n holte in die middel en gooi die bier daarin.

Meng tot ’n sagte deeg vorm.

Laat rus 30 minute.

Vorm die meel in plat reghoeke op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is.

Verhit die roosterpan oor medium hitte.

Wanneer dit baie warm is, sit die deegdriehoeke daarop en draai hulle ’n paar keer om.

Hulle is gaar wanneer hulle begin hol klink wanneer jy op hulle tik.

Chakalaka

Verhit die olie in ’n pan en braai die worse 2 minute.

Voeg dan die wortels, soetrissie, brandrissie en paprika by en geur met sout en peper.

Roer die bone in en sit voor.

- Hope Malau

Foto: David Briers.