LEWER 1 TERT VAN 30 CM

Bereiding: 45 minute

Baktyd: 40 minute

KORS

1 kg aartappels

30 g botter

2 ml (½ t) bakpoeier

75 ml (1/3 k) melk

VULSEL

30 ml (2 e) botter

50 ml mieliemeel

500 ml (2 k) melk

2 eiers, geskei

500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper

5 ml (1 t) sout

knippie mosterdpoeier

knippie rissiepeper

ekstra gerasperde kaas vir oorstrooi

Smeer ’n ronde oondpan van 30 cm.

  1. KORS Kook die aartappels tot sag, laat dit afkoel en skil dit.
  2. Maak die aartappels fyn. Voeg die botter, bakpoeier en melk by en meng goed. Geur na smaak.
  3. Smeer van die kapokaartappel op die bodem en kante van die oondbak en hou die res eenkant. Verhit intussen die oond tot 180 °C.
  4. VULSEL Smelt die botter in ’n kastrolletjie, roer die mieliemeel by en maak ’n pasta. Voeg die melk by terwyl jy roer en laat kook.
  5. Verwyder van die hitte en roer die eiergele, kaas, sout, mosterd, rissiepeper en die oorblywende kapokaartappel by en meng.
  6. Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die aartappelmengsel in.
  7. Skep die mengsel op die aartappelbasis en strooi ’n bietjie gerasperde kaas oor.