Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 15 min.

AARTAPPELKOEKIES

4 aartappels, geskil en in blokkies gesny

500 g botterskorsie, geskil, in blokkies gesny

15 ml (1 e) botter

2 uie, in skyfies gesny

10 g pietersielie, gekap

2 ml (½ t) fyn komyn

sout en peper

1 eier, geklits

45 ml (3 e) olie

STAPELS

4 eiers

60 ml (¼ k) suurroom

30 g roketblare

  1. Aartappelkoekies Kook die aartappels en botterskorsie tot sag. Druk rofweg fyn.
  2. Verhit die botter en braai die uie tot goudbruin en bros.
  3. Meng die botterskorsiemengsel, uie en pietersielie. Geur met die komyn, sout en peper. Meng die eier deur.
  4. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan, skep hopies van die mengsel in en druk effens platter. Braai tot goudbruin. Draai versigtig om, want die koekies is sag. Herhaal tot die mengsel op is.
  5. Stapels Kook of posjeer die eiers soos verkies. Skep suurroom op ’n koekie, gevolg deur roketblare, nog ’n koekie, suurroom, roketblare en laastens ’n eier. Geur met die sout en peper. Herhaal met die res van die bestanddele en sit voor.
  6. saam met roosterbrood*.