Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

  • 6 groot aartappels sprinkelsout na smaak (bv. olyf en roosmaryn, grasuie of driekaas)
  • sowat 150 g botter
  • 3-6 knoffelhuisies, fyn gedruk
  • 500 ml (2 k) room

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak.

  1. Skil die aartappels en sny in plat skywe.
  2. Plaas ’n lagie aartappels in die oondbak. Besprinkel met sprinkelsout. Stip met botter. Sprinkel knoffel oor.
  3. Herhaal die lae tot alle bestanddele opgebruik is.
  4. Giet die room oor en bak sowat 1 uur of tot die aartappels sag en gaar en goudbruin boop is.
  5. Sit voor saam met braaivleis