8 aartappels, geskil en in papierdun skyfies gesny

sout en peper na smaak

olyfolie

250 g (1 pak) spekvleis

250 g roomkaas

300 g baba-spinasieblare

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Voer ’n ringkoekpan met foelie uit en spuit met kossproei.

Geur die aartappels met sout en peper en besprinkel met olie.

Pak ’n laag skyfies in die pan, gevolg deur die spek, kaas en spinasie.

Herhaal tot alles opgebruik is; eindig met kaas. Giet olie oor. Bak ’n uur.

Laat ’n bietjie afkoel. Verwyder die koek uit die ring, plaas op ’n dienbord en sny in skywe.

Sprinkel kruie bo-oor.

WENKE

Sny ’n eiervrug in skywe en pak saam met die aartappels in die pan.

Streep ’n bietjie tamatiepesto deur die roomkaas.