Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

15 g botter

5 eiers, geklits

30 ml (2 e) room

sout en peper

100 g broccoliblommetjies, gekook tot al dente

5 songedroogde tamaties, grof gekap

60 ml (¼ k) ryp cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Smelt die botter oor lae hitte in ’n oondvaste middelslagpan. Klits die eiers en room saam en geur na smaak met die sout en peper.
  2. Kook die mengsel sowat 1 min. in die pan tot die eiers halfgaar maar nog loperig is.
  3. Pak die broccoli, songedroogde tamaties en kaas bo-op en bak sowat 10 min. in die oond tot die eier opgepof en goudkleurig is.
  4. Haal uit die oond, strooi nog kaas oor en sit dadelik voor.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers