GenoeG vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

marineertyd: oornag

MARINADE

250 ml (1 k) tamatiesous

1 klein ui, gerasper

1 knoffelhuisie, gekneus

60 ml (¼ k) worcestersous

25 ml (5 t) vars suurlemoensap

15-30 ml (1-2 e) bruinsuiker

15 ml (1 e) druiweasyn

15 ml (1 e) mosterdpoeier

5 ml (1 t) fyngekapte brandrissie

5 ml (1 t) tabascosous

HOENDER

12 hoendervlerkies

  1. MARINADE Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol, bring tot kookpunt en laat 10 minute prut. Laat afkoel.
  2. HOENDER Plaas die hoendervlerkies in ’n niemetaalbak en giet die marinade oor. Marineer oornag in die yskas.
  3. Voorverhit die roosterelement van die oond. Pak die vlerkies in ’n enkellaag op ’n bakplaat of in ’n oondpan en rooster 20-30 minute of tot die vlerkies gaar en sag is. Draai dit gereeld om terwyl dit rooster en smeer met die marinade.

Sit voor met bier en brood.