Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Braaityd: 20-30 minute

2 rolle (400 g elk) skilferkorsdeeg

1 ui, in skyfies gesny

2 hande vol babaspinasie

1 pakkie (50 g) wituiesoppoeier

2 wiele fetakaas

100 g mozzarellakaas, gerasper

60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas

1 eier, geklits

  1. Spuit ’n skoon rooster met kossproei.
  2. Plaas een van die velle deeg op die rooster. Versprei die ui en babaspinasie bo-oor. Sprinkel die soppoeier oor.
  3. Sprinkel die feta, mozzarella en parmesaan oor.
  4. Plaas die ander vel deeg versigtig bo-op en seël die kante met ’n vurk. Verf met die geklitste eier en knyp die rooster toe.
  5. Braai 20-30 minute oor matige kole of tot gaar en goudbruin aan albei kante.

Kry nog inspirasie en byderwetse resepte (plus van die lekkerste resepte uit die TV-program Kom Ons Braai op VIA, DStv-kanaal 147) in Huisgenoot Beste Resepte: Braai. Dis nou te koop teen R45.