Genoeg vir 8-10 mense

Bereiding: 50 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

Staantyd: 4-5 uur

1 wildlewer

4 niertjies, vlies en groot

are verwyder

2 lamsharte

1 groot ui, fyn gekap

50 ml tabascosous

50 ml worcestersous

sout en vars gemaalde swartpeper

2 netvette

  1. Sny die lewer, niertjies en harte in baie klein blokkies.
  2. Meng die vleis met die ui, tabascosous en worcestersous en geur met sout en peper. Laat 4-5 uur in die yskas staan.
  3. Sprei die netvet op ’n skoon werkoppervlak oop en sny in blokkies van sowat 10 cm.
  4. Skep ’n groot lepel vol van die vleismengsel op die netvetblokke en vou dit toe. Steek elke skilpadjie met ’n peuselstokkie vas en laat 30 minute in die yskas rus.
  5. Braai die skilpadjies op matige kole tot gaar.
  6. Sit warm voor.

  • WENK: As jou vuur te warm is, sal die skilpadjies oopbars. En moenie ’n toeklaprooster gebruik nie. Andersins is dit doodmaklik.