Lewer sowat 8 pLaatKoeKies

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 15 min. (1-2 min. aan elke kant)

2 eiers

60 ml (¼ k) suiker

15 ml (1 e) botter, gesmelt

200 ml melk

375 ml (1½ k) koekmeel

15 ml (1 e) bakpoeier

2 ml (½ t) sout

Smeer ’n pan met botter of spuit dit met kossproei.

  1. Klits die eiers en suiker tot skuimerig. Voeg die botter en die helfte van die melk by en klits nog ’n minuut.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
  3. Voeg die meelmengsel en orige melk om die beurt by die eiermengsel tot ’n sagte beslag vorm.
  4. Verhit ’n gesmeerde pan. Skep lepels vol van die beslag in die pan. Wanneer dit borreltjies op die oppervlak vorm, draai om en bak tot gaar en goudbruin.
  5. Sit die plaatkoekies voor saam met botter, piesangskyfies en stroop.