KEBABS

6 hoenderfilette, in stukke gesny

12 pruimedante, ontpit

12 olywe, ontpit

2 suurlemoene, in wiggies gesny (opsioneel)

MARINADE

15 ml (1 e) growwe sout

sap en skil van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) gedroogde tiemie

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

60 ml (¼ k) olyfolie

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. KEBABS Ryg die hoenderstukke, pruimedante, olywe en skywe suurlemoen (indien verkies) beurtelings aan sosatiestokkies.
  2. MARINADE Meng die marinadebestanddele, giet oor die sosaties en verkoel 15 minute. Geur met sout.
  3. Rooster 20-25 minute. Sit voor saam met polenta

WENK

Pleks daarvan om sosaties te maak kan jy die hoenderporsies saam met al die bestanddele in ’n bak pak. Bak by 180 °C tot gaar. Sit voor met kapokaartappel.