Bereiding: 20 min.

Gaarmaaktyd: 20 min.

Brood

snye van verskillende soorte brood, soos rog, ciabatta, wit, suurdeeg (2 snye per toebroodjie)

botter

Vulsel-opsies

snye briekaas, rooi-ui-ringe, fyn appelkooskonfyt, tamatiepesto, basilieblare, gekrummelde fetakaas

tamatiekonfyt, gekapte grasuie, gekrummelde bloukaas, olyftapenade, snye of gerasperde cheddarkaas, oregano-blaartjies, koljanderpesto, repies rooi soetrissie, gerasperde sterk kaas, tamatieskywe, roomkaas, roketblare

  1. BROOD Smeer die snye brood met die botter.
  2. VULSELS Pak die vulsels op en bind elke toebroodjie met nat gare of tou vas.
  3. Braai op stadige kole tot die brood buite bruin en bros is en die kaas gesmelt het. Draai dikwels om.