Minder as 1 uur Bedien: 4 Bestanddele

Hoofbestanddele

500 g PnP bruismeel

Brooddeeg wat by die winkel gekoop is

30 ml PnP olyfolie 30 ml roosmaryn, gekap 2 knoffelhuisies, grof gekap 250 ml mozzarella kaas 1 knippie gemaalde sout en peper Metode

Indien jy ’n ketelbraai gebruik, sit die deksel oor die rooster en laat die "oond" 200°C bereik.

Indien jy ’n gewone oond gebruik, voorverhit die oond tot 200°C.

Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is.

Plaas dit op ’n bakplaat wat ook met meel bestrooi is.

Verf liggies met olie, sprinkel die roosmaryn en knoffel oor en strooi dan die kaas oor.

Gooi sout en peper oor.

Bak vir 20 minute of tot goudbruin.

KLIK HIER vir nog resepte van PicknPay.