Lewer sowat 30 sosaties

Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding 40-45 minute

Marineertyd oornag

Gaarmaaktyd 20-30 minute

MARINADE

30 ml (2 e) olie

2-3 groot uie, in groot stukke gekap

3 knoffelhuisies, fyn gedruk

45 ml (3 e) matige kerriepoeier

5 ml (1 t) borrie

2 ml (½ t) fyn koljander

1 ml (¼ t) rooipeper

3 lourierblare

15 ml (1 e) gerasperde gemmerwortel of 5 ml (1 t) fyn gemmer

45-60 ml (3-4 e) appelkooskonfyt

250 ml (1 k) wynasyn

500 ml (2 k) melk

SOSATIES

1,5 kg beenlose lamsvleis, in blokkies van 25mm gesny

1,5 kg beenlose varkvleis, in blokkies van 25mm gesny

50 droë appelkose

250 g spekvleisrepe, gehalveer en opgerol

20 piekeluitjies, gehalveer

  1. Marinade Verhit die olie en braai die uie en knoffel daarin tot sag.
  2. Voeg die kerrie by en meng deur. Voeg die res van die bestanddele behalwe die melk by. Laat 10 minute prut. Laat afkoel en voeg die melk by.
  3. Sosaties Plaas die vleis in ’n nie-metaalbak en giet die marinade oor. Laat oornag marineer.
  4. Ryg die vleis afwisselend met die appelkose, spekvleis en uie op sosatiepenne. Moenie te styf teen mekaar pak nie.
  5. Braai op matige kole tot gaar. Draai gedurigo m en wees versigtig dat jy dit nie tot oorgaar braai nie.