Genoeg vir 8-10 mense

Bereiding: 10 minute

Marineertyd: 1-2 uur

Braaityd: 8-10 minute

60 ml (¼ k) olyfolie

5-6 knoffelhuisies, platgedruk

seesout en pas gemaalde peper

250 ml (1 k) Guinness-bier

500 g kruisskyf, in hap­grootte-blokkies gesny

’n paar lourier- of suurlemoentakkies

  1. Meng die olie, knoffel, sout, peper en bier. Giet oor die vleis en laat 1-2 uur marineer.
  2. Maak die lourier- of suurlemoentakkies skoon, maar laat ’n paar blaartjies aan die bopunte. Ryg ’n paar blokkies vleis aan elke takkie.
  3. Braai 8-10 minute oor warm kole. Draai heeltyd om tot so gaar soos verkies.

Kry nog inspirasie en byderwetse resepte (plus van die lekkerste resepte uit die TV-program Kom Ons Braai op VIA, DStv-kanaal 147) in Huisgenoot Beste Resepte: Braai. Dis nou te koop teen R45.