Lewer 3 pizzas

Bereiding: 30 min.

Gaarmaaktyd:

10-12 min.

3 groot gekoopte pizzabasisse

Seekosvulsel

60 ml (¼ k) soet

brandrissiesous

250 ml (1 k) gerasperde

mozzarellakaas

250 ml (1 k) gaar seekosmengsel

2 knoffelhuisies, fyn gekap

vars koljanderblare

Vleisvulsel

45 ml (3 e) sondroëtamatiepesto

250 g boerewors, vleis uitgepers, in frikkadelle gerol en gaargemaak

250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

1 rooi-ui, in skywe gesny

vars roketblare

Groentevulsel

45 ml (3 e) sondroëtamatiepesto

250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

8 kersietamaties, gehalveer

250 g broccoli

1 roomkaasrol (50 g), in skywe gesny

vars basilie

  1. Pak die vulsel van jou keuse op die basisse
  2. Plaas dit op die rooster van ’n koepelbraaier met matige kole. Bedek met tinfoelie of plaas die deksel op en bak sowat 12 minute tot die kaas gesmelt het.