Genoeg vir 2-3 mense

Bereiding: 15 min.

Staantyd: 1 uur of oornag

Gaarmaaktyd: 15-20 min.

Kerriesous

10 ml (2 t) olie

1 groot ui, gekap

375 ml (1½ k) asyn

15 ml (1 e) matige kerriepoeier

5 ml (1 t) borrie

15 ml (1 e) koljandermasala

60 ml (¼ k) suiker

30 ml (2 e) appelkooskonfyt

Vleis

6 lamslendetjops

sout en peper

Aartappels

500-800g baba-aartappels

3 knoffelhuisies, gekneus

3 takkies elk tiemie en roosmaryn

10 ml (2 t) sout olyfolie

  1. Kerriesous Verhit die olie in ’n klein pannetjie en braai die ui tot goudbruin. Voeg die oorblywende bestanddele by
  2. en laat 6-8 minute oor lae hitte prut tot geurig. Plaas eenkant om af te koel.
  3. Vleis Geur die tjops met die sout en peper en laat 1 uur of oornag in die afgekoelde sous marineer.
  4. Aartappels Plaas die aartappels, knoffel, tiemie en roosmaryn in ’n kastrol en voeg koue water by tot die aartappels net-net bedek is. Geur met die sout en laat kook tot sag. Dreineer en bedruip met ’n bietjie olyfolie. Hou warm.
  5. Verwyder die tjops uit die sous, geur met die sout en peper en braai 15-20 minute op warm kole tot net gaar. Draai gereeld om.
  6. Sit voor saam met die baba-aartappels.