Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 15 minute

1 Franse brood

100 g botter

250 g mozzarellakaas,

gerasper

20 ml (4 t) origanum

30 ml (2 e) fyn gedrukte knoffel

150 g roomkaas

150 g kaassmeer

  1. Sny die brood in 2 cmskywe, maar moet dit nie heeltemal deursny nie.
  2. Meng die res van die bestanddele tot ’n smeer. Druk lekker dik tussen die broodskywe in.
  3. Maak toe met tinfoelie en rooster op matige kole tot bros en lekker bruin.