Jy sit hierdie gereg saam met tortillas voor wat jy sommer ook op die kole gaarmaak.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaaktyd: 15 min.

Hoender

4 hoenderborsfilette

20 ml (4 t) braaispeserye

15 ml (1 e) droë

gemengde kruie

Sous

60 ml (¼ k) natuurlike jogurt

60 ml (¼ k) mayonnaise

Rolletjies

4 tortillas

1 kop slaaiblare

2 tamaties, in skyfies gesny

½komkommer, in stukkies gesny

1 avokado, in skyfies gesny

1 wiel fetakaas, grof gekrummel

  1. Hoender Geur die hoender met die speserye en kruie. Braai op matige kole tot gaar en sny in skyfies.
  2. Sous Meng die jogurt en mayonnaise.
  3. Rolletjies Braai die tortillas ’n paar sekondes op die kole tot warm en effens gerooster.
  4. Verdeel die slaai, tamatie, komkommer, avokado, kaas en hoender tussen die tortillas.
  5. Drup van die sous oor en rol elkeen op.
  6. Sit dadelik voor.