Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20-30 minute

Gaarmaaktyd: 40-60 minute

2 rolle (400 g elk) skilferkorsdeeg

olie vir braai

1 ui, gekap

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

1 geel soetrissie, in blokkies gesny

250 g spek, in stukkies gesny

100 g spinasie, fyn gekap

6 gaar of gerookte hoenderborsies

250 g sampioene, gekap

250 ml (1 k) mozzarella- en/of cheddarkaas, gerasper

1 eier, in ’n bietjie melk geklits

  1. Laat die skilferkorsdeeg ontdooi en rol albei velle uit.
  2. Braai die ui, soetrissies en spek in ’n bietjie olie tot sag.
  3. Plaas die helfte van die spinasie op een van die deegvelle. Sny die hoenderborsies in stukkies en rangskik dit op die spinasie.
  4. Voeg die uimengsel en sampioene by.
  5. Sprinkel die kaas oor en sit die res van die spinasie bo-op.
  6. Plaas die tweede vel deeg bo-op en verf met die eiermengsel. Knyp die rande van die pastei saam om dit te seël.
  7. Gebruik ’n rooster met hoë kante en voer dit uit met tinfoelie. Braai die pastei op ’n taamlike hoogte op stadige kole.
  8. Draai gereeld om en wees versigtig met die draaislag sodat die inhoud van die pastei nie uitval nie. Ná sowat 45 minute se braai kan die tinfoelie verwyder en die pastei goudbruin gebraai word.