Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaaktyd: 15 min.

Hoender

4 hoenderborsfilette, in blokke gesny

12 droë appelkose

1 ui, in wiggies gesny

Smeersel

125 ml (½ k) appelkooskonfyt

60 ml (¼ k) gekapte vars pietersielie

15 ml (1 e) gekapte vars tiemie

sout en pas gemaalde

swartpeper

As jy houtsosatiestokkies gebruik, week dit vooraf in water om te voorkom dat dit brand.

  1. Hoender Ryg die hoender, appelkose en uiwiggies om die beurt op sosatiestokkies. Pak in ’n nie-metaalbak.
  2. Smeersel Meng die konfyt, pietersielie en tiemie en smeer oor die kebabs. Geur met sout en peper.
  3. Braai die kebabs 15 minute op matige kole tot gaar. Draai gereeld.