Vet sjef en gevulde hoenderborsies op groente

Klik hier of rol af na die resep vir bykosse op die braai. Klik hier of rol af na die resep vir gevulde hoenderborsies in spek toegedraai. DIE 7 DODELIKE BRAAIGASTE Hulle is nie so erg soos die sewe dodelike sondes nie, maar jou gaste kan enige vrolike braaier in ? oogwink in ? mompelende, knorrige ot verander . . .

1.      Die What ye dooo-ieng . . .?-gas

Nie as sodanig die grootste vark in die verhaal nie, maar hierdie vraag kan die voorloper wees van enige van die ondergenoemdes. Lê dus maar ’n bietjie geduld aan die dag met die eerste aanhoor van hierdie vraag – dit kan iemand wees wat regtig ? geselsie wil aanknoop, maar dit kan ook een van die ander soorte wees.

2.      Die Sies-Vleis-gas

Vegetariërs is oor die algemeen lieflike mense en ek respekteer hul oortuigings om vleis verby te gaan, maar ek verwag dieselfde respek van hulle af. Ek eet vleis en dis juis daarom dat ek braai, nie om gedoentetjies voor te sit wat soos vleis lyk nie.

3.      Die Weet-Als-kok

Ook bekend as die seksueel-intellektueel (stuur ? privaat e-pos as jy ? verduideliking hiervan wil hê, dis nie mooi genoeg vir ? blog nie). Maak nou nie saak waaroor die gesprek om die vuur gaan nie, hulle het altyd ? bietjie (eintlik baie) raad oor hoe jy dit beter kon gedoen het as jy net sy ouma Salie se resep gehad het. Al wat ek van dié mens vra, is: Proe eers en dan as jy nog steeds konstruktiewe raad het, gee dit sonder om die braaier kwaad te maak. Maar trap liggies, want daai braaier is omring deur gevaarlike wapens.

4.      Die Daar-Waar-Ek-Vandaan-Kom-gas

Ek kan eintlik hierdie soort met ’n vraag opsom. Wat beskou jy as beter: hardekool of wingerdstompies of nog ’n stappie verder – pap of braaibroodjies? Ek het jare gelede my keuse gemaak en soos my rugbyspan, staan ek daarby. Daarmee sê ek nooit dat braaibroodjies en wingerdstompies nie net so goed soos die res kan wees nie, maar ek weet wat ek weet. Ja, ja, ek weet ek val in hierdie groep en daarvoor vra ek nederig om verskoning.

5.      Die Drukker-en-Voeler-gas

Hierdie ouens het die geneigdheid om almal “ou swaer” te noem behalwe hul eie swaer, dié is sommer ou Hans of ou Gertvent. En boeta, as hy eers by die vuur is en hy het die vleis so gedruk-druk met sy wysvinger en swart nael, verander hy in ? oogwink in Gas tipe 3 en die raad begin vloei. Wat hom anders maak as die tipe 3 is dat hy nie resepte deel nie en hy het nie ? idee wie ouma Salie is nie, maar hy dink wel hy het meerdere kennis van hoe ? vleisie moet voel as hy hoe gaar is. Ook is hy seker dat alle vleis net tot by sy verkose gaarheid gekook moet/mag word.

6.      Die Tjorts-Sê-Die-Aap-gas

Eintlik ’n dierbare mens tot hy jou braai verwoes met sy glas brêndie en coke. Hierdie ou, ja dit is gewoonlik ? ou, maar nie noodwendig nie, staan met jou en gesels oor koeitjies en kalfies, een hand in die sak van sy swart rugbybroek en die ander hand gevou om ? glas van sy geliefde drinkgoed, brêndie en coke wat sulke swart pêreltjies in sy welige snor maak. Voor jy kan keer, skiet hy met ? “tjorts sê die aap” sy glas brêndie en coke oor jou dure vleisies. Sy rede is dat alles altyd beter proe met brêndie en coke op en hy is oortuig daarvan dat almal met hom saamstem. Menige perfek gemarineerde lamstjop is al so verwoes.

7.      Die Tester-dief

Ek gaan sukkel om hierdie ou te verduidelik sonder om te vloek, maar ek sal hard probeer. Almal wat braai, ken die ongeskrewe wette van braai en veral wet 17, artikel 3, paragraaf 7, en ek haal aan uit die ongeskrewe “Braaireëls en -regulasies”: Enige vorm van vleis wat op ? rooster gebraai word, hetsy op regte kole, houtskool, gas of welke vorm van verhitting ook al, bly die eiendom van die braaier tot die gaar produk aan die gaste oorhandig word. Dus, as daar ? stukkie of  stukkies is wat tekens toon dat dit van die hoofbron kan afbreek (bv. ? puntjie van ? stuk boerewors), is dit die braaier se onvervreembare reg om daardie gedeelte af te breek en te proe. Hierdie stukkie vleis is ook bekend onder die Engelse term “tester”. Ek gaan niks verder se nie, julle almal weet waarvan ek praat, sulke bli. . ., skuus, ek gaan nie vloek nie. Nou goed, laat ons iets kook, bak of brou. BYKOS IN FOELIE

Vandeesweek het ek dit meer oor die metode as die kos. Ek het die metode gekies omdat dit jou lewe om die braaivleisvuur vergemaklik en jou dus meer tyd gun om saam met jou vriende te kuier. Die metode isen papillote (sjefiaans vir "in papier"), oftewel in my geval, in foelie.

Die heerlikheid van hierdie metode is juis dat jy dit die vorige dag kan maak, in die yskas bêre en dan op die dag van die braai in die oond verhit. En net voor jy dit opdien, plaas jy dit al om die vleis op die rooster.

1 Skeur ? gawe stuk foelie af, minstens 30 cm x 30 cm.Plaas met die blink kant na onder op jou werkblad. 2 Smeer die foelie liggies met botter of olyfolie as dit wat jy besluit om binne-in te plaas, nie genoeg vet bevat nie. (Ja, gewone olie sal ook werk, maar smaakgewys klop min dinge botter of olyfolie, behalwe natuurlik as jy ? bietjie eendvet iewers het. Ek het.) 3 Plaas jou gekose lekkernye in die middel en  besprinkel met knoffel, speserye en ander lekkerhede. ? Skootjie wyn rig ook nie skade aan nie, maar moenie te veel byvoeg nie; jy wil nie hê dit moet uitloop nie. Aartappels in foelie

Voorverhit die oond tot 180 °C. '1 Sny ? aartappel in skywe, maar nie heeltemal deur nie. Plaas ? Chinese eetstokkie weerskante van die aartappel en sny tot die mes daaraan raak. Ek gebruik altyd weggooibare eetstokkies, want ek gee nie om as die mes hulle beskadig nie. Aartappel met snye 2. Vul die snye om die beurt met knoffelbotter en spek.GEvulde aartappel3 Bak sowat 1 uur tot sag en gaar. Plaas dit om die vleis aan die buitekante van die rooster tot dit tyd word om te eet.Gaar gebakte aartappelWenke

  • As jy groente pleks van aartappels kies, moet dit groente wees wat min of meer gelyk gaar gaan word. Die laaste ding wat jy in een kardoesie wil hê, is pap aspersies en rou wortel.

  • Gaarmaaktye is moeilik, maar omdat die bykos gaar stoom maak dit nie so saak as jy dit effens langer in die oond laat nie. Hier is riglyne:

    • Groot aartappels: 45-60 minute of  langer
    • Harde groente: 45-60 minute, maar toets voor jy dit uithaal
    • Sampioene met knoffelbotter (my gunsteling): 30 minute

GEVULDE HOENDERBORSIE MET SPEK TOEGEDRAAI

Gevulde hoenderborsie

Glo my maar as ek sê dat dié resep van restanrantgehalte is. Ek het dit hierbo op ’n bord geplaas soos ons dit die restaurant sal doen om vir jou te wys. Dis op babaworteltjies geplaas en met balsemasyn-glanssous afgerond.

Die resep hieronder is per hoenderborsie. Belangrik: Die roomkaasworsies moet minstens ’n dag voor die tyd reeds gemaak word.

ROOMKAASWORSIE

2 gedroogde appelkose

15 ml (1 e) roomkaas

HOENDERBORSIE

5 -6 repies streepspek

1 hoenderborsie

1 ROOMKAASWORSIE Kap die droë appelkose fyn.

2 Meng die gekapte appelkose met die roomkaas.

Roomkaas-en-droëvrugtemengsel

3 Trek ? skinkbord met kleefplastiek oor. 4 Druk lang worsies van die mengsel op die skinkbord uit – gebruik hiervoor ’n spuItsak met ’n opening van sowat 15 mm. Roomkaasworsie word gespuit Wenk Het jy nie ’n spuitsak nie? Skep die mengsel in ’n dik plastieksakkie en druk in een van die onderste hoeke in. Draai die sakkie net bo die vulsel ’n paar keer sodat die vulsel nie kan terugstoot as jy dit begin uitdruk nie. Sny die puntjie van die sakkie af sodat dit ? opening van 15 mm vorm, en siedaar. 5 Plaas oornag in die vrieskas en los daar tot jy dit nodig het; minstens oornag. Wenk Ek rol myne altyd in kleefplastiek toe, dan kan dit weke lank in die vrieskas gehou word.

Bevrore roomkaasworsies

Voorverhit die volgende dag die oond tot 180 °C.

7 HOENDERBORSIES  Plaas die borsies op ? snybord met die velkant na bo. Die dik, ronde kant moet na jou snyhand wys.

8 Meet met ’n skerppuntmes die diepte van die snit wat jy gaan maak.. Hou jou duim op die mes waar jy moet stop.

Meet die hoenderborsie met 'n mes

9 Druk die mes in die middel van die borsie in. Maak seker dat jy dit nêrens regdeur die borsie steek nie, die gepunte kant van die borsie moenie stukkend gesteek word nie.

Die mes binne-in die borsie

10 Meet ? stuk van die gevriesde roomkaasmengsel af . . .

Meet roomkaasworsie af

. . . en druk dit binne-in die borsie.

Wors word by borsie ingedruk

11 Pak 4 of 5 repies spek op jou snybord met 1 dwars bo-oor die eerstes.

Uitgepakte spek

12 Plaas die borsie bo-op die dwars spekrepie en vou die spek oor die punte van die borsie.

HOender word in spek toegerol

13  Vou nou die hele borsie toe met die res van die spek.

Toegevoude borsie

14 Sodra die hele borsie knus in spek toegedraai is, plaas dit op ’n stuk foelie van 30 cm x 30 cm en draai stewig toe.

15  Bak dit 45 minute in die oond tot gaar.

Gaar borsie

16 Laat die hoender afkoel en plaas in die yskas tot jy dit vir die braai nodig het.

17 Plaas die foeliepakkies op die rand van die rooster en teen die tyd dat jou ander vleis gaar is, behoort die borsies heerlik warm te wees. As jy bang is dat hulle nie warm genoeg gaan wees nie, verhit hulle teen ’n lae temperatuur in die oond voor jy hulle op die rooster plaas.

18 Hou jou lyf reg vir komplimente.

Ek hoop julle geniet hierdie metode en onthou om pret te hê met die kos maak saam, dis nie moeilik nie en dis belangrik.

Baie dankie vir al die e-pos wat julle stuur! Net weer my e-pos adres: vetsjef@gmail.com

Die Vet Sjef

 Die Vet Sjef, oftewel Albert Buitenhuis, beoefen sy nering by ’n eetplek in Christchurch, Nieu-Seeland en die Kiwi’s staan tou op die dae wanneer hy boerewors of sosaties voorsit. As jy enigiets oor kos wil weet, vra gerus.  Gaan loer ook op sy eie blog.