Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 45-60 minute

Staantyd: 2-3 uur

125 ml (½ k) kookolie

2 uie, fyn gekap

3 knoffelhuisies, fyn gekap

125 ml (½ k) tamatiesous

125 ml (½ k) worcestersous

45 ml (3 e) bruinsuiker

60 ml (¼ k) druiwe-asyn

125 ml (½ k) water

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) gemengde kruie

10 ml (2 t) Dijon-mosterd

5 ml (1 t) tabascosous

2 lourierblare

6 heel peperkorrels

125 ml (½ k) vars roosmaryn,

fyn gekap

30 ml (2 e) sojasous

30 ml (2 e) heuning

15 ml (1 e) mielieblom, met

bietjie water gemeng

2 kg lams- of varkribbetjie

natuurlike jogurt vir deurroer

  1. Verhit die olie in ’n kastrol. Voeg die uie en knoffel by en braai tot sag.
  2. Voeg die res van die bestanddele behalwe die vleis en jogurt by en roer met ’n houtlepel tot alles goed gemeng is en kook. Laat afkoel.
  3. Giet die marinade oor die vleis en plaas ’n paar uur in die yskas.
  4. Verwyder die vleis uit die marinade en braai sowat 45-60 minute op matige kole tot gaar. Sny in ribbetjies en braai tot lekker bros. Verf deurentyd met die marinade.
  5. Giet die orige marinade in ’n kastrol en laat weer goed kook. Roer ’n bietjie natuurlike jogurt deur die marinade en sit voor as sous saam met die ribbetjies.