Genoeg vir 6 of meer mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur 45 minute

2 kg varkribbetjies

60 ml (¼ k) braaispesery

80 ml (? k) suurlemoensap

125 ml (½ k) rooiwyn

80 ml (? k) blatjang

250 ml (1 k) kola

2 ml (½ t) mosterdpoeier

5 knoffelhuisies, in skywe gesny

45 ml (3 e) tamatiepasta

80 ml (? k) water

gekookte knoffelaartappels vir voorsit

1.    Plaas die ribbetjies in ’n groot pot en bedek met water. Laat prut 30 minute liggies, verwyder van die hitte en laat 30 minute in die water afkoel.

2.    Voorverhit die oondrooster tot matig.

3.    Verwerk die oorblywende bestanddele buiten die aartappels in ’n voedselverwerker tot goed gemeng.

4.    Haal die ribbetjies uit die water en pak dit op ’n bakplaat. Verf oraloor met die bedruipsous wat jy gemaak het en braai 45 minute terwyl jy die ribbetjies af en toe bedruip en omdraai.

5.    Sny die ribbetjies kleiner en sit saam met die aartappels voor.

- Hope Malau