Die resep is van Kobus Galloway.

“Dis maar een van daai dinge waarvan jy hoor en die stappe en bestanddele vergeet. Jy probeer dit dan op jou manier en dit werk soos ’n bom!”

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 40-50 minute

30 ml (2 e) koekmeel

1 kg gekoopte deeg

45 ml (3 e) botter, gesmelt

3 knoffelhuisies, fyn gekap

10 ml (2 t) tiemieblare

125 ml (½ k) blokkies gaar spek

125 g sampioene, fyn gekap

1 groen soetrissie, in klein blokkies gesny

125 g ham, fyn gekap

250 ml (1 k) Cheddarkaas, gerasper

1 eier, geklits

30 ml (2 e) olyfolie

  1. Strooi die meel oor ’n skoon werkoppervlak en rol die deeg uit. Smeer botter oor.
  2. Sprinkel die knoffel, tiemie, spek, sampioene, soetrissie, ham en kaas oor die deeg.
  3. Rol die deeg op soos ’n Switserse konfytrol.
  4. Vou die kante in en verf die rol met eier.
  5. Smeer ’n stuk foelie met die olie, bedek die rol met die foelie en bak die brood op matige kole tot gaar en goudbruin.