Genoeg vir 8 mense

Bereiding: sowat 30 minute

Gaarmaaktyd: 40-50 minute

Staantyd: 40 minute

1 kg gekoopte brooddeeg

1 pakkie Potato Bake (geur

van jou keuse)

250 ml (1 k) vars room

250 ml (1 k) melk

1 knoffelhuisie, fyn gekap

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Spuit ’n oondbak met kossproei.

  1. Laat die deeg tot dubbel die grootte rys.
  2. Meng die res van die bestanddele behalwe die kaas saam.
  3. Giet die helfte van die roommengsel in die bak.
  4. Knie die deeg af, maak bolletjies en pak dit in die roommengsel. Giet die res van die roommengsel oor en sprinkle die kaas oor.
  5. Laat rys tot dubbel die grootte.
  6. Bak sowat 40-50 minute of tot gaar.