Sjokolademousse. Vars vrugtesap. Barbie-melkskommels. Dik, romerige jogurt. Al dié heerlike lekkertes kan binnekort in jou kruideniersmandjie beland teen geen ekstra koste nie, alles te danke aan Fair Cape Dairies. Al wat jy moet doen, is inskryf! 

Die gunsteling

Een van die gewildste produkte in die Fair Cape Dairies-reeks  is die dubbelroomjogurt. Net die hoogste gehalte melk word gebruik om ’n ryk en natuurlike smullekker, fluweelagtige jogurt te skep. Jou smaakknoppies sal jou bedank vir die voorreg om Fair Cape Dairies se dubbelroomjogurt te ervaar!

Diereregtebewus

Een van die  aspekte wat Fair Cape Dairies se produkte uniek maak, is dat al die koeie op een plaas woon en met die hoogste standaard van versorging en gemak behandel word. Fair Cape Dairies glo ’n gelukkige koei is ’n produktiewe koei – vandaar die slagspreuk: “Do the right thing.”

Die kudde van Fair Cape Dairies ontvang geen melkproduserende hormone nie en ’n streng rekenaarmoniteringstelsel verseker dat die EcoFresh-melk van gelukkige, gesonde koeie afkomstig is. As ’n koei nie gesond is nie, help die rekenaarstelsel om te verseker dat die veearts dadelik na haar omsien. As sy antibiotika benodig, sal haar melk weggegooi word totdat sy weer heeltemal gesond is.

Daar is ook altyd ’n vreedsame atmosfeer by die koeie, wat in ’n gemaklike stal gehuisves word waar die temperatuur altyd 10 grade Celsius koeler is as buite en hulle vrylik in die ope lug mag rondloop. 

Omgewingsbewus

Fair Cape Dairies neem sy verantwoordelikheid vir die omgewing baie ernstig op. Die melk word op die plaas gebottel wat die koolstofvoetspoor verminder en Fair Cape Dairies is die enigste melkery in Afrika wat sy koolstofvoetspoor op elke melkbottel ten toon stel.

Vir meer inligting, gaan na www.faircape.com of besoek die Facebookblad.

Skryf in! 

Vyf Huisgenoot-lesers staan elk die kans om ’n R1 000-geskenkbewys van Fair Cape Dairies te wen wat jy by enige Pick n Pay kan gebruik. Jy hoef nie op een slag die hele R1 000 te gebruik nie. 

Om in te skryf, stuur ’n SMS na 35407 met die antwoord op die kompetisievraag, gevolg deur jou naam, van en adres. 

Kompetisievraag:

Wie gee vandeesmaand vyf R1 000-geskenkbewyse weg? 

Kompetisiereëls, -bepalings en -voorwaardes:

Die kompetisie is oop van 10 Augustus tot 24 Augustus 2017 om middernag.

Elke SMS kos R1,50.

Gratis SMS’e kan nie gebruik word om in te skryf nie.

Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om dit te gebruik.

Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil.

In die geval van ’n kompetisie met meer as een prys en meer as een trekking, mag jy net een keer per kompetisie wen.

Personeel van Media24 en die borg (Fair Cape Dairies), asook hul gesinne, mag nie inskryf nie.

Jy moet die vraag korrek beantwoord om in aanmerking te kom vir die prys.

Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking.

Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Ons sal ’n wenner drie keer tydens kantoorure bel.

As hy of sy nie bereik kan word met een van dié drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie.

Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4-6 weke).

Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n afleweringsadres te verskaf waar die prys bedags afgelewer kan word en/of ’n korrekte posadres.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse weens ’n wenner wat nie beskikbaar is tydens aflewering nie en/of die prys nie betyds by die poskantoor afhaal nie.

Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.